Afrikaanse Artikels

My Belydenis

Vir oorlewing benodig ons net basiese voedsel en die noodsaaklike volgende asemteug, beide te danke aan boom, plant en blom, bygestaan deur dier, voël en insek en so ontwikkel die ewige saad van herlewing van alle lewensbronne.

Die vrugbare bodem ontvang die saadjie en met vog op sy tyd ontspring die nuwe siklus van lewe in ʼn onbaatsugtige wordingsgang, vry van enige selfsug, eiewaan of aanspraak op vergoeding- ʼn gawe van die Bron van Lewe, die harmonieuse Omvattende Bewussyn en Prosesse, ingestem op dienslewering en onberispelike resultate. ʼn Ware Misterie en net in diens van die Geheel maar ook in ongeëwenaarde kompleksiteit en skoonheid waarsonder geen mens of dier kan bestaan nie.

Wat is dan die essensiële bydrae van die leier-dier met sy vrye denke en skeppingspotensiaal? Ooglopend tog deel van die Geheel maar opsigtelik afwesig is die Wysheid-Adem; die Spesiale Bewussyn van onbaatsugtige omgee – die wesenskenmerke van die Beeld wat ons moet vergestalt. Hierheen wil ek reis.

Albie Gibson

The Way of Solomon

“It is death that haunts you – death, impermanence, meaninglessness. You cannot buy your way out of these. You cannot barter poverty for peace. Neither possessions nor the avoidance of possessions brings joy. Only touch both lightly, clinging to nothing and entering fully into the passing moment and what it brings.”
Eccl. 6:7-10 (Translation: Rami Shapiro, 2000)

“The light of truth cannot be purchased. It is free to all who would but step into it.‖ Do not be misled by those who promise reward in the world to come. This is ego and vanity, a chasing after wind. Be not distracted from the moment. Do right in this world and let the rest take care of itself.” Eccl. 6:11-12 (Translation: Rami Shapiro, 2000)

Teologiese besinning vanuit die beste beskikbare kennis en persoonlike spiritualiteit.

Die kompleksiteit van teologiese besinning wat gebaseer is op ou geskrifte van vreemde kulture wat verskeie vertalings en menigte menslike dupliserings pogings moes oorleef, moet met ootmoed en ʼn sterk drang na die beste huidige “waarheid” benader word. Lukas begin dan ook sy evangelie met: “Hooggeagte Theofilus” Theofilus, beteken “die een wat God liefhet”. Moet ons dit verstaan as ‘n eienaam van ‘n historiese persoon of ‘n skrywe gerig aan almal wat God liefhet? Verder sê Lukas daar is “baie” wat onderneem het om ‘n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het’. Dit was dan ook so, want daar word bereken dat daar tot tagtig “evangelies” in omloop was in die vroeë Christelike kerk. Daarom’ sê Lukas, “het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf.” Sou een van die “baie” verhale letterlik deur God ingegee was, kon Lukas maar net sê dat hy so ‘n spesifieke evangelie van harte wil aanbeveel, en die saak was afgehandel.
Lees meer…

Respekteer verskeidenheid

Die artikel van dr. Isak Burger, “New Age”, het nie goeie nuus nie (Volkblad 23/3/04) verwys. Sy onvergenoeglike “New Age”- uitsprake verdien kommentaar. Burger “glo” klaarblyklik dat alle andersdenkende Christene die New Age- naambord moet dra. In teenstelling daarmee sien en verstaan die skrywer dat daar soveel verskillende geloofskakerings in die Bybel is as wat daar skrywers was. En dat verskeidenheid gerespekteer behoort te word en dus verdien christelike variasie erkenning en akkommodasie.
Lees meer…

Bybel-kennisontploffing

Die neiging binne die groot Kerke om van alle “ketters” ontslae te raak is natuurlik konstitusioneel of kerkregterlik korrek. Die kerk mag tug toepas op mense wat nie meer alles aanvaar wat in die kerk se belydenisskrifte en leer verwoord is nie. Of dit wys is, is ‘n ander saak. Kan, of wil, die kerk beheer neem oor die totale geestelike wordingsgang van sy individuele lidmate?

Die huidige kerk en die samestelling van sy lidmate is tog totaal anders as in die tyd van Nicea, Calvyn en Luther, wat self honderde jare terug geleef het. Die geletterdheidsgraad is gans verskillend, terwyl die meeste mense self die Bybel met insig kan lees as hulle maar net sou probeer. Daarom kan meer mense sien dat daar nie ‘n totale eenheidsteologie van Genesis tot Openbaring is nie en dat daar baie meer sienings in die Bybel is as wat kerkgebonde teoloë wil erken of toegee.
Lees meer…